Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Uit die subraad 1-raadsaal

Die raadsheer en subraad 1 se voorsitter, Cynthia Clayton, het by Donderdag 15 Augustus se subraadvergadering gesê R4 miljoen is begroot vir die opgradering van die sakekern.

Die volgende projekte moet goedgekeur word:. Die opgradering van die motorwasplek.. Ondernemingskorwe gaan opgegradeer word.. Ongeveer 50 informele handelaars gaan by die taxi-staanplek gehuisves word.. Die taxi-staanplek en onderne­mingskorwe gaan omhein word.

Die Wesfleur-raadskantoor word einde of vroeg volgende jaar opgegradeer tot voordeel van almal wat van dié kantoor gebruik maak.

Pensioentrekkers van 60 en ouer wat reeds kortings ontvang, word aangemoedig om weer aansoek te doen omdat die siklus van driejaar in Junie 2019 geëindig het.. Eiendomseienaars wat minder as R6 000 per maand verdien, ongeag hul ouderdom, word ook aangemoedig om aansoek vir deernisvoordele te doen.

Inwoners wat agterstallig is, kan ook kwalifiseer vir ’n eenmalige afskrywing van 100% op voorwaarde dat ’n voorafbetaalde elektrisiteits­meter en ’n waterbestuurtoestel geïnstalleer word – dit is gratis.

Die sperdatum vir aansoeke was 31 Augustus.

’n Mosie vir die bou van ’n kleuterskool in Pella deur proporsionele ANC-raadslid, Fiona Abrahams, is ook ingedien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.