Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Verkragting is nie jou skuld . . .’

Wat altyd ’n lekker skoolvakansie by ouma moes wees, het vir die toe sesjarige Temica Bonn in ’n nagmerrie ontaard.

Bonn ’n matriekleerder het besluit om haar ervaring met Weskus Nuus te deel omdat sy ander vroue wil aanspoor om ook oor hul ervaring te praat en omdat sy die boodskap wil versprei dat verkragting nie die slagoffer se skuld is nie.

“My kinderjare was blote hel,” onthou Bonn, wat steeds daagliks met haar emosies moet worstel.

Die dapper jong vrou se nagmerrie het op sesjarige ouderdom begin toe ’n familielid in Riverlands gedurende skoolvakansies – wanneer sy by haar ouma moes kuier omdat daar niemand by die huis was om na haar om te sien nie – haar begin gemolesteer het.

Bonn sê sy was aanvanklik te bang om haar ma daarvan te vertel. “Ek was net agt jaar oud toe die familielid my begin verkrag het. Ek was bang om met iemand te praat, want ek was skaam oor wat mense gaan sê en dink van my,” vertel sy.

In graad sewe kon sy nie meer die geheim vir haarself hou nie.

“Ek het die bom laat bars toe ek eenvoudig geweier het om weer by my ouma te gaan kuier. Dit het my ’n sterker kind gemaak en vandag wil ek ander slagoffers inspireer om hul stem te laat hoor, want dit is nie ’n skande om verkrag te word nie,” sê Bonn, wat nie te veel oor die saak kan uitbrei nie aange­sien dit nog voor die hof moet verskyn.

“Ek is nie skaam oor wat met my gebeur het nie, maar teleurgestel omdat die verdagte bekend was aan my en iemand is wat ek vertrou het.”

Die hofsaak, wat nou reeds vir vyf jaar aanhou, het vanjaar byna Bonn se skoolloopbaan gekos, maar sy het besluit om voort te gaan.

“Met die pandemie het ons die staat gevra om eers voorlopig die saak van die rol te haal sodat ek op my eindeksamen kan fokus”.

Sersant Henry du Randt, Malmesbury-polisiewoordvoerder, het bevestig dat Bonn se familielid vir verkragting aangekeer is en het bevestig dat die saak voorlopig van die rol gehaal is omdat die slagoffer op haar eksamens wil fokus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.