SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Voormalige aanklaer vas vir pornografie

David Lotz, die voormalige waarnemende hoofstaatsaanklaer by Atlantis-hof, is 10 jaar tronkstraf opgelê vir kinderporno­grafie.

Drie jaar van die vonnis is opgeskort vir vyf jaar.

Die 44-jarige Lotz is Maandag 18 November ná ’n pleitooreenkoms in die Parow-streekhof gevonnis op 157 aanklagte van kinderpornografie en een aanklag van seksuele aanranding.

Die voormalige aanklaer, wat in Malmesbury woonagtig is, is in Desember 2016 deur die polisie se eenheid vir ge­sins­geweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat hy in besit van kinderpornografie is.

Volgens kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het die ondersoek in Oktober 2016 reeds begin, ’n lasbrief is uitgereik om die aanklaer se kantoor en woonstel te deursoek.

“Die polisie het 125 onsedelike foto’s en video’s van kinders op die aanklaer se telefoon en rekenaar gekry,” het van Wyk gesê.

Lotz, wie se naam ook in die register vir seksuele oortreders sal verskyn, is deur die landdros ongeskik verklaar om met kinders te werk en ’n vuurwapen te besit. Die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, het hierdie vonnis verwelkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.