Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou sterf terwyl sy vir Sassa wag

Janet Klein (49) se Sassa-toelaag is sowat ’n jaar gelede gestop.

Sy was opgewonde omdat sy weer kan aansoek doen en het die oggend vroeg die lang rye saam met haar suster, Elmien, aangedurf.

Janet van Avondale sal egter nooit die toelaag, wat sy gehoop het betyds vir Kersfees sal kom, ontvang nie.

Terwyl sy Vrydag 15 November haar beurt afgewag het om weer aansoek te doen, het sy gesterf.

Elmien vertel hulle het die oggend vroeg na die Avondale-gemeenskapsaal gegaan om hul Sassa-sake af te handel sodat daar ’n geldjie vir Kersfees kan wees.

“Ons het nog lekker geskerts wat ons alles vir Kersfees gaan koop, maar nou gaan dit ’n droewige dag vir ons wees,” vertel sy.

Volgens Elmien het sy haar suster gevra om eerder te sit en wag terwyl sy in die ry staan.

“Ek het nog nie lank gestaan nie toe kom roep iemand vir my, want my suster het net omgeval. Ek het haar naam geroep, maar sy het nie gereageer nie. ’n Onbekende man het met haar hospitaal toe gejaag.

“My suster is met haar aankoms by die hospitaal deur die dokters dood verklaar. Dit voel nog so onwerklik,” vertel die bedroefde Elmien omdat sy en haar suster baie geheg aan mekaar was.

Die familie, wat erg finansieel sukkel, vra dat enige persoon wat kan help met begrafniskostes hulle skakel by 074 617 9685.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.