Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Werkers moeg vir swak salarisse

Oor Suid-Afrika heen lê mense snags slapeloos en rondrol.

Die bekommernis of hulle môre nog ’n werk gaan hê, laat die slaap wyk. Die ekonomiese insinking in die land en derduisende werke wat in die slag bly, skets maar ’n kommerwekkende prentjie.

Dan is daar die ander kant van die munt. Dié wat wel nog ’n werk het, gaan stadig nêrens met hulle betaling.

Sowat 500 werkers by Hisense in Atlantis dreig om te staak oor vergoeding.

Die werknemers se vakbond, die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), sê hulle word peanuts betaal.

Arbeiders by die maatskappy moet ingevolge ’n algemene ooreenkoms in die bedryf R45,56/uur verdien (40 ure/week=R1 822,40), maar ’n werker op die laagste vlak by Hisense R41/uur word (oftewel R1 640 per 40 uur-week) betaal.

Dié onthulling kom nadat die staalvervaardiger Saldanha Staal se moedermaatskappy onlangs gesê het dié Weskus-fabriek gaan afskaal.

Daar word bereken ’n allemintige 900 werkers kan hulle werk verloor. Verskeie maatskappye het vroeër vanjaar Numsa kennis gegee van hulle bedoeling om werkers af te lê.

Die Wes-Kaapse Numsa-organiseerder, Clement Herandien, laat hoor: “Hisense is weens onderbetaling van werkers in staat om sy markaandeel bo sy kompetisie, Defy, te verhoog.

“Defy betaal sy werkers meer as die bedryf-minimum.”

Hisense-werkers betoog reeds die laaste paar weke voor die fabriek.

Die fabriek is in 2013 geopen.

’n Numsa-verteenwoordiger, Ivan Solomons, sê egter hulle sukkel sedertdien om die Chinese maatskappy te dwing om werkers reg te betaal.

Solomons sê: “Ons het die afgelope twee jaar geen verhogings gekry nie en nou wil die maatskappy ons nie ’n bonus betaal nie.

Volgens Solomons het die maatskappy in Julie laas jaar geweier om hulle ’n verhoging te gee.

As hierdie verhoging ingeskop het, sou hulle nader aan die minimumloon beweeg het, sê hy.

Solomons sê kwaad: “Ons is mooi moeg van die nonsens, want dis onregverdig. Ons kan nie eens bekostig om die yskaste wat ons hier maak, te koop nie.

“Die maatskappy kry nou ook kontrakte om toestelle vir ander maatskappye te vervaardig as gevolg van ons harde werk.

“Toshiba was onlangs hier om die maatskappy te vra om TV’s vir hulle te maak wat ons al klaar begin vervaardig het.”

Herandien sê Hisense word gedwing deur ’n onlangse hofbevel wat stipuleer dat die vakbond direk met ’n maatskappy kan onderhandel as hy sou weier om ’n algemene bedrag te betaal.

Hy sê: “Ons het nou ná ’n regstryd ’n dispuut met die werkgewer verklaar wat 25 November by die Metal and Engineering Bargaining Council verhoor sal word.

“Die Bargaining Council sal beslis vir ons ’n sertifikaat gee om te staak, want die werkgewer weier om die mense reg te betaal.”

Solomons sê hulle is bereid om te staak sodat hulle hul regverdige loon kan verdien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.