Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Droom om eendag by Spele deel te neem

Kyle Doyle is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Februarie.

Die 10-jarige leerder van Saxonsea Primêr is tans in gr. 4 en het hierdie jaar die Westelike Provinsie by die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms in Paarl verteenwoordig.

Die kranige atleet het ’n silwermedalje in die 4x100 m verower en het ook in die vierde plek in hoogspring in sy ouderdomsgroep behaal.

Hy het by die WP-kampioenskap goud in die 80 m, 100 m, hoogspring én 4x100 m behaal.

Hy het sy plek in die Suid-Afrikaanse span bespreek by die Wes-Kaapse kampioenskap in Oudtshoorn toe hy ook goud in die 80 m, 100 m, hoogspring en silwer in die 4x100 m verower het.

Asof hy nie veelsydig genoeg is nie, speel die jong atleet ook rugby, en sy gunstelingposisie is senter.

Doyle sê hy hoop om eendag Suid-Afrika by die Olimpiese Spele te verteenwoordig en wil graag hard werk om sy droom te verwesenlik.

Skole en afrigters in Weskus Nuus se verspreidings-area word uitgenooi om hul atlete in te skryf om in aanmerking te kom vir die Let’s Play-wenner van die Maand. Die maandwenner se profiel sal in die koerant verskyn en hy/sy ontvang ’n geskenkpak van SuperSport. Aan die einde van die jaar word ’n algehele wenner gekies tydens ’n ete saam met hul ouers, skoolhoofde en afrigters.

Stuur ’n kort opsomming van die leerder se prestasies aan Murphy.Roberts@media24.com of bel 021 572 9090 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.