Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Haar groot droom is goud by die Olimpiese Spele

Sy is ’n goue meisie.

Jayda Arendse (12), ’n graad 6-leerder by Protea Park Primêr, is Juniemaand se Let’s Play-wenner.

Jayda, wat ’n blougordel in karate het en nou maar eers drie jaar aan dié sport deelneem, het by die Suid- Afrikaanse karatekam­pioenskap in Durban ’n goue medalje in kata vir meisies tussen 12 en 13 jaar oud verower.

“Die kampioenskap het hierdie jaar in die Junievakansie plaasgevind,” vertel sy. Jayda wat aan die plaaslike klub, Kazoku-karate behoort, sê haar goue medalje het ook haar plek na ’n spanbyeenkoms ’n week later in Bloemfontein verseker waar net die land se bestes deelgeneem het. Sy en haar span­maats het vierde geëi­ndig. “Ek wil graag eendag my land in die Olimpiese Spele verteenwoordig en wil graag goud dáár verwerf,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.