Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Agterlyn laat span raai

Young Hearts-rugbyklub van Pella het sy langverwagte buiging in die Boland-grootuitdaag­beker met vlieënde vaandels geslaag.

Dié span het in sy eerste ligawed­stryd Saterdag 5 Mei ’n bonuspunt­oorwinning teen die besoekers van Hopefield behaal.

Hopefield wat van die afskop af aanvallende rugby gespeel het, het egter nie rekening met die tuisspan se rotsvaste verdediging gehou nie en vele van die besoekers se aanvalle is met skitterende verdediging in teenaanvalle omskep.

Die eerste helfte was gekenmerk deur slordige spel en swak dissipline aan beide kante. Pella met sy aanvallende agterlyn het gereeld die besoekers aan die raai gehou, maar afronding moet beslis vir afrigter, Ruben Abels, ’n bron van kommer wees as die span wil voortbou op die vertoning.

Pella wat rustyd met 7-0 voor was, kan net homself blameer dat kanse wat geskep was nie in punte omskep is nie. Niks moet egter van die besoekers weggevat word nie, aangesien die spelers hul lywe op die spel geplaas het om die tuisspan van nog punte te weerhou.

Gilmore Solomons, skrumskakel van die tuisspan, het sy beste wedstryd gespeel en het ’n driekuns behaal. Barry Adonis, vleuel van die tuisspan, was ook briljant op die kruisverdediging en Jade Solomons, heelagter van Pella, was skitterend met sy teenaanvalle en het sy span verder laat voorloop met ’n skepskop van byna 50 m.

Pella het egter in die tweede helfte die krane behoorlik oopgedraai en het nog drie verdoelde drieë behaal terwyl die besoekers kort voor die einde ’n troosdrie gedruk het. Die eindtelling was 31-5.

.
Pella het die afgelope naweek voortgebou op sy eerste wedstryd toe die span ’n bonuspuntoorwinning in Paternoster behaal het. Pella het die wedstryd, wat as een van moeiliker wedstryde in sy afdeling beskou word, maklik met 39-29 gewen en het daar­mee die eerste plek op die punteleer ingeneem bo spanne soos Saldanha en Vredenburg. Pella ontvang eerskomende naweek Velddrif en kan met nog ’n bonuspuntoorwinning sy posisie versterk.

Mamre het ook sy tweede agtereenvolgende nederlaag gely toe die span teen Lange­baan met 23-32 vasgeval het.

Wat egter versagtend vir Mamre is, is die feit dat die span nie tuiswedstryde speel nie weens die veld se toe­stand. Mamre sal egter hoop dat sy veld spoedig geskik verklaar sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.