Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Jomo Power het steeds nie krag

Jomo Power se ABC Motsepe-ligaverpligtinge kan eenvoudig nie aan die gang kom.

Die Bloues het Saterdag 23 November sy sesde nederlaag gely toe die span in Beaufort-Wes met 1-2 vasgeval het. Jomos kon nog net ’n gelykopuitslag behaal en is tans laaste op die punteleer ná sewe wedstryde. Die span het in sy laaste tuiswedstryd, Saterdag 16 Novem­ber, teen Norway Park ook met 1-2 vasgeval.

Die spelers van Jomos het in die wedstryd gelyk of hulle dalk die soet van ’n oorwinning kan proe, maar dit was die span nie beskore toe die besoekers die wedstryd van die strafmerkie verseël het.

Volgens Lon van Graan sukkel die span tans omdat baie van sy sleutel­spelers nie by Safa geregistreer is nie weens ’n administratiewe fout.

Volgens van Graan het Safa se stelsel op die dag van registrasie probleme gegee en daarom kon van sy sleutel­spelers nie speel nie en hulle sukkel steeds om die probleem opgelos te kry.

“Spelers wat tans sake van die kantlyn moet dophou, is Eugene Williams, Thorick Gideon, Kyle Petersen, John van Graan en Valentino Thomas.

Jomos speel die komende naweek tuis teen Ajax en sal hoop dat daar beter momentum is,” sê van Graan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.