Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Jomos Power baat by Covid-19

Die gevreesde koronavirus het ook sy voordele.

Só het Jomos Power geleer ná sy swak vertoning voor die uitbreek van dié pandemie.

Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het besluit om die ABC Motsepe-liga van 2019-’20 in al nege provinsies as finaal volgens die bestaande ligapunte te verklaar.

Volgens ’n omsendbrief van Safa wat op 8 Oktober aan die klubs gestuur is, gaan daar geen relegasies vir 2019-’20 in die ABC Motsepe-liga wees nie en sal die provinsiale uitspeelwedstryde vir promosie na die ABC Motsepe-liga voortgaan, wat sal lei tot 18 spanne in elke provinsie vir die 2020-’21-seisoen.

Dit beteken dat Lonn van Graan se blou span (Jomos Power) steeds in die ABC Motsepe-liga vir die 2020-’21-seisoen gaan speel.

Jomos Power, wat die 14de posisie op die punteleer beklee het voor die uitbreek van Covid-19, kan verseker nou nuwe voorbereidings begin tref vir die nuwe seisoen. Safa het besluit dat al nege provinsiale spanne wat tans die voorlopers op die punteleer is, outomaties bevorder is na die nasionale uitspeelwedstryde van die ABC Motsepe-liga wat teen 7 November gespeel moet word. Dit sal bepaal watter spanne promosie na die GladAfrica-kampioen­skap gaan kry.

Volgens Van Graan is dit baie goeie nuus, maar hulle kan nog steeds nie begin oefen nie omdat daar nie genoegsame veiligheidsmaatreëls vir amateurspelers is nie.

“Ek hoop dat ons binnekort toestem­ming van Safa gaan kry sodat ek en my spelers kan konsentreer op die nuwe seisoen,” het van Graan gesê.

Die spanne wat na die GladAfrica-kampioenskap bevorder word, gaan ook genoeg kans kry om meer professionele spelers vir volhoubaarheid in die professionele geledere by te voeg.Geen groenlig vir amateursokker

Tebogo Motlanthe, uitvoerende hoof van Safa, het bygevoeg dat alle ander amateursokkerwedstryde nog steeds opgeskort is totdat die vereniging die groenlig van die regering gaan kry.

Baie sokkerfederasies en ondersteu­ners het verwag dat president Cyril Ramaphosa op 17 September die terugkeer van amateursokker sou aankondig – wat hy wel gedoen het – maar tot baie sportliggame se verbasing moes hulle ’n paar dae later verneem dat nuwe regulasies omskryf is wat veral amateursport steeds beperk.

Vlak 1 bied geen verligting aan klubspanne nie aangesien amateursokker en ook ander sportkodes nie die finansies het om aan die regering se vereistes te voldoen nie.

“Hoe sal ons persoonlike beskermende drag kan bekostig en aan ons spelers en ander personeel verskaf as ons nie ’n inkomste het nie,” het sportadministrateurs gevra.

Met die ondersteuning van borgskappe, “het ons besluit om ongeorganiseerde sokkertoer­nooie te hou en sal ons aanhou speel totdat die regering klousule 69.14 (a) verwyder,” het sommige laat hoor.

“Ons speel sokker om spelers aktief te hou en weg te hou van verkeerde dinge soos bende-aktiwiteite asook om spelers in staat te stel om geld te verdien aangesien sommige van hulle nie ’n vaste werk het nie en sokker gebruik om ’n inkomste te verdien,” het van die administrateurs gesê en hou voor hulle hou by voorsorgmaatreëls en het dus nog geen Covid-19-gevalle gehad nie.

Sokkerleiers sê hulle is bewus van die gevaar, maar vra net om amateursokker toe te laat, dan sal daar geen onwettige wedstryde wees nie.

Die groep meen die jeug ly onder die inperkingsregulasies en verdere uitstelling kan ’n demper op ontwikkeling en geleenthede vir dié jeug plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.