Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Judokas ryg die medaljes in by judo-kampioenskap

Die Ippon-judoklub van Mamre het in sy eerste toernooi op 8 Februarie by die Kaapse Wynland Ope in Paarl baie goed gevaar.

Volgens Melanie September, hulpaf­rigter van die klub, het nuwelinge ook hul merk gemaak vir die klub en is hulle opgewonde vir die res van die seisoen.

Die klub reis weer op 29 Maart na Piketberg vir die Weskus Ope waar die lede wil verbeter op hul huidige prestasies.

Volgens September is die groot kompetisie in Junie wanneer die SA kampioenskap in Gauteng plaasvind.

“Die toernooi kos ’n hele paar rand. Ons is reeds besig om geld in te samel om dit makliker vir ouers te maak,” sê September.

Die judoklub doen ’n beroep op inwoners en ondernemings om hulle te ondersteun met dié geldinsamelings­inisiatiewe sodat die judokas wat deur die jaar presteer aan die nasionale kampioenskap kan deelneem.

Die groep het ook Saterdag 22 Februarie ’n oefenkamp in Paternoster bygewoon as deel van hul voorbereiding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.