Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Keagan leef sy droom . . .

Die appel val beslis nie ver van die boom af nie.

Keagan Johannes (20), die belowende jong skrumskakel van Mamre, gaan nog ’n ruk langer die ondersteuners op Loftus Versfeld vermaak nadat sy kontrak onlangs tot einde 2021 verleng is.

Keagan vertel uit sy ouerhuis in Mamre dat hy graag Suid-Afrika in die Wêreldbeker­rugby­toernooi van 2023 wil verteenwoordig, maar vir eers wil hy fokus om die nommer­negetrui van die Blou Bulle sy eie te maak.

Maklik gaan dit beslis nie wees nie vertel die kranige skrumskakel omdat hy teen twee Springbokke, Embrose Papier en Ivan van Zyl, sal moet meeding vir die gesogte trui wat legendariese Blou Bulle soos Joost van der Westhuizen en Fourie du Preez gedra het. “Ek wil beslis die derde Blou Bul-skrumskakel wees wat die Web Ellis-trofee omhoog hou nadat Van der Westhuizen (1995) en Du Preez (2007) dit vermag het. Keagan se pad na Loftus het in 2017 begin toe hy as 17-jarige by Hoërskool Garsfontein in Pretoria beland het. Keagan vertel hy het twee jaar later die Blou Bul-keurders se aandag getrek en is ’n kontrak vir die o.21-span aangebied. Keagan was die eerstekeuseskrum­skakel in die span wat verlede seisoen die WP met 33-27 geklop het vir die Suid- Afrikaanse o.21-titel.

Keagan vertel “wat my die mees opgewonde maak, is dat ek nou onder Jake White se wakende oog sal wees.”

White het die Springbokke in 2007 tot wêreldglorie gelei.

Keagan praat met lof van sy nuwe afrigter wat wêreldwyd aansien geniet. “Met heelwat bekende gesigte wat terugkeer na Loftus sal ek beslis vyf keer harder moet werk om my plek te verseker,” vertel die talentvolle jongman.

Johannes se talent het beslis ’n indruk op White gemaak. Johannes is deeglik bewus daarvan dat hy groot skoene het om vol te staan. “Die grondslag is reeds vir my hier gelê deur legendariese spelers soos Fourie du Preez en Joost van der Westhuizen. Ek kyk ook op na iemand soos die All Blacks se Aaron Smith, wat ’n briljante skrumskakel is en ek probeer maar van alle skrum­ska­kels te leer en probeer dit dan in my spel bring,” sê hy.

Sy trotse pa Franco vertel Keagan het beslis sy rugbytalent as kind langs die rugbyveld ontwikkel.

Franco het sy junior rugby by die plaaslike klub Hamlets begin voordat hy in 1998 vir die eerste span uitgedraf het. Franco het ook die nommernegetrui vir 14 jaar sy eie gemaak en was ook ’n veelsydige agterspeler wat in enige posisie kon speel.

“Ek was ook bevoorreg om in 1998 vir die WP-Disaspan te speel en in 1999 vir ’n WP-uitnodigingspan teen ’n Franse toerspan.

“Ek kon dus die kennis wat ek oor die jare opgedoen het met my seun deel. Gelukkig speel hy ook skrumskakel en dit maak dit baie makliker vir ons albei,” vertel Franco trots oor sy seun se prestasies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.