Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Pella speel uitstekend en behou onoorwonne tuisrekord

Pella se Young Hearts het 1 September in sy laaste wegwedstryd klipharde rugby speel om teen die groen truie van Mamre 30-25 te wen nadat die span rustyd 11-8 voor was.

Pella, wat reeds vir die uitspeelrondes gekwalifiseer het, moes in die laaste 10 minute keer vir al wat hy werd is, want Mamre wou nie bes gee nie.

Pella se afrigtingspan sal beslis slapelose nagte het aangesien hy in ’n stadium 25-8 voor was, maar moes teen die einde hard veg om nie die wedstryd te verloor nie.

Mamre het in die tweede helfte beter gespeel en met ware karakter en veggees besluit hy wil dié een wen. Die spelers wat hul lyf op die spel geplaas het, het skitterend verdedig en dit was juis die besoekers se verdediging wat die tuisspan van ’n oorwinning weerhou het.

Mamre se dissipline het egter die span gepootjie en twee geelkaarte het die weg gebaan vir die besoekers om vinnig punte aan te teken.

Mamre het die seisoen met sy karakter en veggees verskeie spanne met die kous oor die kop huis toe gestuur en Pella was byna ook ’n slagoffer.

Edwill Okkers, vlugvoetige heelagter van Mamre, het verskeie kere die besoekers se verdediging tot die uiterste beproef, maar die gebrek aan afronding het by tye onderbreek. Mamre se punte het gekom van drieë deur Bradwin Prins, Daylin le Roux en Yulin Sampson asook ’n strafdrie.

Okkers het ’n strafskop oorgeklits. Mamre moet nog Hopefield en Paternoster pak en oorwinnings in dié twee wedstryde kan die groen truie uit die relegasie-sone laat beweeg. Pella op sy beurt pak Saldanha in sy laaste wedstryd voordat die uitspeelronde aanbreek.
. Saterdag 8 September het Pella sy onoorwonne tuisrekord behou toe hy die streekwenner, Saldanha, in ’n klipharde stryd met 22-20 geklop het. Die besoekers was rustyd 13-10 voor. Saldanha het die wedstryd met ’n vinnige tempo begin en was gou 10-0 voor. Die tuisspan met die wind in sy gesig het meeste van die gebiedsvoor­deel en balbesit gehad, maar die besoekers se verdediging wou nie bes gee nie. Jade Solomons, heelagter van die tuisspan, het na ’n skitterende agterlynbeweging onder die pale gaan druk vir ’n verdoelde drie.

Solomons het sake met ’n strafskop gelyk gemaak en die tafel was gedek vir ’n spannende wedstryd.

Saldanha het kort voor rustyd sy neus weer voor gekry met ’n strafskop. Die besoekers het die tweede helfte meer fisiek benader en die tuisspan moes keer vir al wat hy werd is.

Die tuisspan het egter teen die verloop van spel sy tweede verdoelde drie behaal en het ook vir die eerste keer die voortou geneem. Saldanha het egter kort daarna weer die voortou geneem met ’n verdoelde drie.

Saldanha se fisieke benadering het die skeidsregter genoop om die wedstryd twee keer te stop weens ernstige beserings van die tuisspan, maar dit het nie die span se veggees gedemper nie. Pella het laat in die tweede helfte die besoekers begrawe met ’n onverdoelde drie.
. Mamre het in sy voorlaaste wedstryd in Hopefield met 19-41 vasgeval en loop tans gevaar om volgende seisoen in n laer liga te speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.