Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Prins van vleuels maak amok

Die Groentruie van Mamre kon nie vir ’n beter begin in sy 70ste bestaansjaar gevra het nie toe die tuisspan die besoekers van Genadendal met 52-22 geklop het.

Mamre was rustyd met 22-10 voor in ’n vriendskaplike wedstryd wat Saterdag 15 Februarie gespeel is.

Die besoekers het gou die Mamre-ondersteuners bekom­merd gehad met twee onver­doelde drieë om met 10-0 voor te loop. Die span van Dean Okkers en Clarke Roberts (tussentydse afrigters) het stelselmatig hulle voete ge­vind en met verloop van spel is die “prins van vleuels” soos Bradwin Prins onder ondersteuners bekend staan oor die besoekers se doellyn vir die eerste van sy vyf drieë in die wedstryd. Prins wat nou in twee vriendskap­like wedstryde reeds 13 drieë gedruk het, rig reeds vroeg ’n waarskuwing aan sy teen­staan­ders in die Boland-Grootuitdaagreeks (Weskus-streek).

Die kranige vleuel, wat ook verlede jaar skoonskip by die klub se bekeruitdeling gemaak het, het reeds vroeg in die tweede helfte gewys dinamiet kom in klein pakkies toe hy sy vierde drie behaal het. Die tweede helfte was ’n wipplankstryd nadat die afrigters sleutelspelers laat rus het. Kenny Stadler, kaptein van die tuisspan, het ook gewys dat hy soos goeie rooi wyn beter word met tyd. Die veteraan, wat reeds uitgetree het en weer teruggekeer het, het egter nie teleurgestel en met sy kraglopies meters veld gewen. Die groen truie sal beslis wil voortbou op sy vertoning van verlede seisoen toe hy vierde geëindig het. Die jong span van Mamre het Saterdag teen Moorreesburg gespeel en die wedstryd maklik met 61-5 gewen.

Die tuisspan het reeds in die eerste 10 minute die wind uit die besoekers se seile gespeel toe hy met 21-0 voor was.

Bradwin Prins het weer eens gewys hoekom hy die prins van vleuels is toe hy nog vier drieë by sy totaal gevoeg het en het nou reeds 17 in drie wedstryde gedruk.

Atlantis het Saterdag op sy tuisveld die besoekers van Darling Tigers onthaal.

Die tuisspan het die besoekers met 21-6 geklop en sodoende sy tweede oorwinning behaal. Atlantis, wat met ’n nuwe afrigtingskorps spog, is weer besig om ondersteuners na die veld te lok.

Young Hearts het die Melkboere van Darling op die byenes gepak en was met 31-24 baas.

Die span van Ruben Abels het nou reeds met die Swartland-kampioen van verlede seisoen en die naaswenner van die streek afgereken in sy voorbereiding vir die ligaverpligtinge wat hopelik 14 Maart begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.