Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Saldanha wen verlepte Roses maklik

Saldanha het Saterdag die eindstryd van Boland se Grootuitdaagbeker-kompetisie gehaal nadat dié span Roses United van Wellington met 26-16 geklop het.

Saldanha, wat die seisoen onoorwonne in die Weskus-streek van die kompetisie was, is nou die gunsteling om die Boland-kampioen­kroon by ’n suksesvolle jaar te voeg.

Met senuwees wat in die eerste helfte erg geknaag het, het die span baie foute op die aanval gemaak.

Saldanha, met skitterende verdediging, het egter vasgebyt en ware karakter en veggees getoon. Saldanha, wat rustyd met 10-13 agter was, het egter ná rustyd sake gelykop gemaak met ’n strafskop.

Die span het koelkop gebly en nooit Roses toegelaat om die wedstryd te oorheers nie. Die span van Saldanha het die voormalige kampioen se aan­slae met aggressie afgeweer en slegs die span se goeie verdediging het Roses verhoed om meer punte aan te teken.

Roses kon slegs ’n strafskop in die tweede helfte behaal terwyl die Weskus-kampioen gedrop, gescore en geplace het.

Saldanha speel Saterdag teen Caledon in die eindstryd.

Caledon het die Swartland-kampioen, Darling, met 42-33 geklop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.