Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Topliga wink vir Hamlets

Hamlets het Saterdag op sy tuisveld die Westelike Provinsie se Superliga B-titel verower toe die span Collegians met 59-24 geklop het.

Die span van Gavin Passens moes twee punte uit die wedstryd kry om die titel te wen, maar die spelers het die krane behoorlik oopgedraai en water gaan drink met 31-19.

Die tuisspan het reeds met die afskop die besoekers onderdruk gehad en het in die eerste 20 minute reeds die bonuspunt verseker.

Hamlets het met skitterende verdediging die besoekers op die agtervoet gehou, maar het ook die besoekers toegelaat om punte teen die verloop van spel aan te teken. Hamlets het egter telkemale onmiddellik terug­geslaan as die besoekers punte aanteken.

Met die Presidentsbeker en promosie na die topliga wat wink, sal Passens en sy span moet aandag skenk aan die spelers se gebrek aan konsentrasie.

Die tuisspan het hom verskeie kere Saterdag skuldig daaraan gemaak en het elke keer die prys betaal.

Hamlets sal die naweek ’n blaaskans geniet voordat hy Saterdag 21 September na City Park reis vir die halfeindstryd in die topses.

Die twee finaliste kry promosie na die topliga en die wenner sal ook die Presidentsbeker verower.

Hamlets se tweede en derde spanne het ook hul onderskeie afdelings gewen wat dit ’n eerste vir die span maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weskus Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.