Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Weskus-nuus
Twee amptelik vir moord aangekla
Atlantis, Moord, Jordan Moore

Twee mans is amptelik aangekla vir die moord op die 16-jarige Jordan Moore.

Die mans is aanvanklik aangekla vir die besit van gesteelde goedere, maar volgens 'n bron is daar ook bebloede klere by die een se huis gekry.

Kapt. Liza Munro, Atlantis-polisiewoordvoerder, het bevestig dat die mans positief met die moord verbind kon word, maar wou nie veel verder uitlaat nie. 

Die  nuus van Jordan, 'n gr. 10-leerder by Hoërskool Robinvale, se moord het Saterdagoggend soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. 

Volgens Munro, het Jordan en twee vriende vermoedelik in die buurt geloop toe hulle deur mans met honde gekonfronteer is. Volgens Munro word daar vermoed dat die mans die honde op die jongspan gesit het en die maats het in verskillende rigtings laat spaander.

Die ander twee seuns het weggekom en hulp gaan soek. Met hulle terugkeer na die toneel was Jordan reeds dood. Sy lyk is op ’n oop veld in Rietsangerlaan ontdek.

Moore het verskeie wonde aan sy gesig, nek en bors gehad en die vermoede is dat hy gesteek en ook deur die honde gebyt is.

Sowat 500 inwoners en skoolmaats van Jordan het Dinsdagoggend buite die hof betoog. Een van sy skoolmaats het ’n petisie aan die hofbestuurder oorhandig terwyl die trane vrylik onder die leerders gevloei het.

Die saak is tot Vrydag 22 Januarie volgende jaar uitgestel en die mans bly in aanhouding.




MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak WeskusNuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.