Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
1 000 komberse en sop uitgedeel

Die Saldanha-polisie en die skoonheidskoningin en weldoener Anita Verster het die laaste paar dae van Jeugmaand magies in Middelpos, Saldanha, help volmaak.

Anita en beamptes het Saterdag (29 Junie) die Isibindi Safe-speelpark in dié Saldanha-buurt besoek.

Anita staan aan die stuur van die Feed a Child-projek.

Mike Green van Dial Rock Café, wat gehelp het by die sopkombuis, was ook deel van die verrigtinge. Die kos het sowat ’n 1 000 mense gevoed.

Anita het op haar beurt ’n 1 000 komberse, wat deur verskeie organisasies en individue as deel van haar Feed a Child-projek ingesamel is, uitgedeel. Polisiebeamptes het die geleentheid gebruik om ouers en kinders meer oor kinderveiligheid te vertel. Die polisie streef ná afloop van twee gevalle waar ma’s strafregtelik van kinderverwaarlosing en mishandeling aangekla is, om proaktief op te tree. Volgens AO Yolanda Kotze, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is die verwaar-losing van kinders en gesinsgeweld twee van die grootste euwels in Middelpos. Die oorblywende sop en komberse is ná afloop van die geleentheid aan kinders by Huis Hadassa en behoeftiges op ’n plaas buite Vredenburg gegee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.