Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
1 positief, 400 boetes

Polisielede en munisipale wetstoepassers het hul hande vol gehad gedurende die eerste naweek ná die nasionale inperking met meer as 400 boetes wat aan Weskussers opgelê is.

“Sedert die inperking begin het tot Maandag 30 Maart is nagenoeg 400 boetes opgelê aan mense wat nie gehoor gegee het aan die voorwaardes en reëls binne die Vredenburg-polisiekluster nie,” verduidelik kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder.

Sy meen dit blyk inwoners neem eenvoudig nie die inperking ernstig op nie en waarsku dat ’n tweede boete jou meer uit die sak kan jaag.

“Enigeen wat vir ’n tweede keer aangekeer word, kan ’n boete van R2 000 verwag en ’n derde oortreding beteken jy word in hegtenis geneem. Alle oortre­ders se besonderhede is in ’n databank en met ’n volgende oortreding sal die eerste of tweede oortreding maklik agtergekom kan word,” verduidelik Helfrich.

Op ’n spesiale raadsverga­dering van die Saldanhabaai munisipale raad Donderdag 26 Maart is bevestig geen militêre versterkings sal plaaslik ingebring word nie.

Eerste geval

Premier Alan Winde het ook Dinsdagmiddag aangekondig die eerste persoon het positief getoets is in die Saldanha munisipale gebied.

Die uitvoerende burgemeester Marius Koen, het in ’n persverklaring gesê hy het self min inligting oor die pasiënt en het inwoners gemaan om nie “arrogant te wees oor die erns van dié virus nie” en om al die nodige higiëne-aanbevelings te volg.

Leensie Lötter, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, het ook op haar beurt laat weet dié departement het nie inligting oor die pasiënt nie, “die persoon is privaat getoets”. Hierdie aankondiging het Weskussers op hol gehad met menige wat voel hulle verdien om te weet waar die persoon was en met wie hulle dalk in kontak was. ’n Bron wat op grond van anonimiteit met Weslander gepraat het, meen daar is reeds twee positiewe gevalle in die Weskus. “Die twee persone, een in Langebaan die ander in Saldanha, het glo onlangs teruggekeer van oorsee,” vertel die bron. Hierdie inligting is egter onbevestig.

Strenger maatreëls

Ethne Lawrence, Sal­danha­baai-munisipaliteit se woordvoerder, sê inwoners wat nie die erns van die inperking insien nie is wetstoepassers se grootste kopsorg.

“Padblokkades word dag en nag op die R27-, KM101- en R45-pad gehou met mense wat die gebied binnekom en wat vir die koronavirus geskandeer word,” het Lawrence verduidelik. Teen Sondag het munisipale wetstoepassers 67 mense in hegtenis geneem vir die oortre­ding van die rampbestuur­regulasie.

’n Inwoner, Jan Myburgh, het hierdie stelling op Weslander se Facebookblad beaam: “My vrou werk by die hospitaal en moes vanog­gend (Vrydag) gaan werk. Tot haar skok ry sy deur Hoofstraat en die mense loop rond en ry rond met geen polisiëring in sig nie asof dit ’n normale dag is.”

Lawrence sê verder is sjebiens een van die groot struikelblokke aangesien inwoners steeds wil kuier. Teen die naweek het wetstoepassers agt sjebiens toegemaak en alkohol gekonfiskeer. Wetstoe­passers sê veral dié ­week is uitdagend vanweë die uitbetaling van maatskap­like toelaes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.