Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
18de Kaasfees op Sandringham gehou

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees vier vanjaar van Vrydag 26 tot Sondag 28 April sy 18de bestaansjaar met ’n fees van 18 ervarings in een.

Die fees beloof ’n proe-ervaring van gewilde plaaslike en internasionale kase, alternatiewe en fynproewers-produkte sowel as uitgesoekte wyne, boetiekbier en -jenewer. ’n Piazza met alles Italiaans en Raak-’n-bietjie-rustig-Vrydag vir diegene wat die fees teen ’n rustiger pas wil ervaar, is nuut vanjaar.

Die fees vind by Sandringham buite Stellenbosch plaas. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders van 2 tot 13 jaar betaal R20. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. ’n Fynproewers-ervaring is beskikbaar (teen R950 per persoon, slegs bo 18 jaar) vir slegs 100 gaste per dag wat gereserveerde sitplek, BBP-parkering, vroeë toegang, ’n kaasbord en meer insluit. Besoek www.cheesefestival.co.za of bel 021 975 4440 vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.