Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
2 jaar ná brand nog in hok

Geen water, krag of veiligheid is tot Rosie Kleinsmith se beskikking nie.

Kleinsmith (63) het alles verloor toe haar huis in 2019 weens ’n elektriese kortsluiting afgebrand het.

Sy was verpletter nadat niks van haar huis oorgebly het nie, maar wat haar effense verligting gee, is dat niemand in die brand beseer is nie.

Die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) het Kleinsmith, wat nêrens anders gehad het om te gaan nie, gehelp om ’n sinkplaatstruktuur langs haar huis op te rig. Die hok het egter nie vensters nie en Kleinsmith moet van ’n kussing gebruik maak om ’n venstergat toe te maak vir beskerming.

Haweloses en dwelmverslaafdes beset tans die oorblywende gedeeltes van die huis en het hulle gemaklik gemaak.

“Dit maak seer om te sien hoe mense in en uit my huis gaan en moeilikheid maak.”

Wat die watersituasie betref, meen Ethne Lawrence, woordvoerder van die SBM, dat die eiendom hoë waterverbruik gehad het en ’n waterbeperker is op 18 Februarie geïnstalleer wat net 15 Kl water per maand deurlaat.

Lawrence het bygevoeg dat die skuld eers afbetaal moet word en die eienaar moet die verbruik van water beheer om die waterbeperking te verwyder.

Carmen Rodgers, ’n aktivis in Langebaan en wat Kleinsmith ook al jare ken, sê geen bejaarde mens behoort in sulke moeilike omstandighede te woon as dié waarin Kleinsmith haar bevind nie.

Rodgers en die Patriotic Alliance se missie nou is om Kleinsmith se huis te laat herbou en haar weer ’n plek te gee wat sy haar eie kan noem en waarop sy trots kan wees.

Sodoende het hulle die hulp van die gemeenskap nodig en vra vir skenkings.

Om meer uit te vind oor hoe jy kan help, kontak Rodgers by 072 551 2182.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.