Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
30ste agter tralies ná stiefpa se wrede dood

’n Man van Vredenburg het sy dertigste verjaarsdag in die selle deurgebring nadat hy in hegtenis geneem is op aanklag van die moord op sy stiefpa.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Vredenburg-polisie, is lede Sondagaand na ’n huis in Wilgerstraat, Witteklip, ontbied waar hulle Koos Krywagen (52) dood in die agterplaas gevind het. Krywagen en sy stiefseun het glo stry gekry oor R200 waarna ’n struweling ontstaan het.

Na bewering het die stiefseun Krywagen met warm gesmelte plastiek op die bors gebrand en hom met ’n hamer oor die kop geslaan.

Krywagen het op die toneel gesterf.

Volgens die polisie is dit ’n dwelmverwante voorval.

Helfrich sê die nadoodse verslag wat die oorsaak van Krywagen se dood sal bevestig, is nog nie uitgereik nie.

Die beskuldigde, Donovan Carolus, is Dinsdag op sy 30ste verjaarsdag in hegtenis geneem. Hy het Woensdag in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.