Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aartappel-gholfdag ’n ‘moerse’ sukses

Vanjaar is die Sandveld-aartappel-gholfdag weer gehou om veral samesyn tussen rolspelers in die aartappelbedryf buite die werkplek te bevorder.

Reaan van Zyl van Bo-Kruis in die Sandveld het ’n passie vir sy medemens en was aan die stuur van sake.

Vanjaar se gholfdag is by Langebaan Country Estate (LCE) gehou.

Die spelers moes egter nie net die baan baasraak nie, maar moes ook die reën en wind trotseer wat enige professionele gholfspeler se moed in hul skoene sou laat sak het.

As gevolg van Van Zyl se vermoë om nie nee vir ’n antwoord van borge te aanvaar nie, bedryfsrolspelers se skenkings, die spelers en die bestuur van die gholfklub, is R15 000 elk aan Die Eilandhuis vir gestremdes, die Christelike private skool in Leipoldtville en Rural Impact geskenk.

Die Eilandhuis vir gestremdes verskaf tans versorging aan 13 verstan­delik en liggaamlik gestremde kinders.

Die Christelike private skool in Leipoldtville is op sy beurt ’n uitvloeisel van ’n klomp plaaslike ma’s wat in 2012 besluit het om weens die oorvol klasse in staatskole ’n private skool in Leipoldtville op die been te bring.

Rural Impact is in 2002 in Lambertsbaai gestig en verskaf onder meer beradingsdienste aan gesinne, dienste aan vroue, mans en kinders wat onder gesinsgeweld deurloop en aan mense en gesinne wat alkohol- en dwelmmisbruik ervaar.

Die skenkings sal deels aangewend word om die Kleine Engeltjies-sentrum te laat herleef aangesien ’n groot behoefte aan veral nasorg en vakansieprogramme in Lambertbaai bestaan.

Van Zyl sê spelers en borge kan hulle reeds vir 2020 se Sandveld Aartappel-gholfdag, wat weer by LCE aangebied sal word, begin voorberei.

Sodra alle uitstaande skuld gedelg is, sal die oorblywende geld aan Kansa geskenk gaan word.

Johann Laubscher het die prys vir die langste dryfhou ontvang en was hy ook lid van die span wat met die louere weggestap het.

Die spanlede was Rouan White, Charl de Kock, Johann Laubscher en Tokkelos du Preez.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.