Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afdankings ‘was regverdig’

Die saak teen voormalige werkers van die Saldanhabaai-toerismeorganisasie (SBTO) is onlangs afgehandel nadat bevind is al drie is wel regverdig afgedank.

Drie voormalige werkers, Annelie van der Merwe, Naomie Venter en Pieter van der Merwe, het hul vorige werkgewer na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) geneem vir wat hulle beskou as hul onregverdige afdanking in 2019.

Vallerie Murphy, voorsitter van SBTO, het die lede Dinsdag oor die bevindings verwittig.

Die KVBA het onlangs al drie individuele sake afgehandel.

Volgens Sean Goldschmidt, wat Annelie se saak hanteer het, was haar afdanking “wesenlik en billik”.

Annelie, voorheen bestuurder van SBTO, is skuldig bevind op 18 aanklagte teen haar.

Dit het onder meer die oneerlike uitbetaling van bonusse en nalatigheid wat die bestuur van die organisasie betref, ingesluit.

Haar versoek om vergoeding is ook deur Goldschmidt van die hand gewys.

Die saak teen Venter is deur Elviso Adams behartig. Adams het op sy beurt bevind Venter se afdanking was regverdig.

Adams het onder meer bevind Venter het kontak met Annelie gemaak terwyl die voormalige bestuurder geskors was.

Dit was nadat ’n opdrag aan alle SBTO-werknemers gegee is om nie met hul kollegas wat geskors is, kontak te maak nie.

In die geval van Pieter het Jacques Buitendag bevind sy afdanking verlede Februarie was ook regverdig.

Dit was nadat hy onder meer Annelie, sy vrou, se personeellêer van die organisasie geneem het nadat sy reeds geskors was.

“Die klaer [Pieter] is skuldig bevind aan ernstige wangedrag. Hy het die respondent se SBTO-lêer sonder magtiging verwyder,” het Buitendag bevind.

“Hy het toe aan Murphy, die voorsitter van die organisasie, gesê hy weet nie [wat] van die lêer [geword het] of die verwydering daarvan nie,” het Buitendag verklaar.

Murphy het in ’n verklaring gesê die organisasie sal voortgaan om “beslissend en deursigtig op te tree teen enige mens of werknemers wat in diens is en nie die SBTO se waardes deel nie”.

Lede van die toerismeorganisasie wou sedert die aanloop van die sake, wat gesamentlik tussen Oktober 2019 en Junie plaasgevind het, weet wie vir SBTO se regsverteenwoordigers betaal.

Die organisasie se regsverteenwoordiger is deur die organisasie aangestel, maar luidens die verklaring is kostes “tot die absolute minimum beperk”.

Die organisasie voer aan die maandelikse finansiële state is bygewerk om dit te bewys.

By navraag het Venter en haar kollegas gesê hulle kan nie in dié stadium kommentaar lewer nie, omdat hulle nie die persverklaring vanaf SBTO onder oë gehad het nie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.