Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afgekeur!

Transnet Ports Terminals (TPT) se aansoek om sy luguitlaat­­lisensie aan te pas in die lig van ’n verhoogde deurset van ystererts, is afgekeur.

In September het die Weskus-distriksmunisipaliteit (WKDM), wat verantwoordelik is vir die uitreiking van die hawe-owerheid se atmosfe­riese uitlaatlisensie, TPT skriftelik verwittig sy aansoek om werksaamhede uit te brei, is van die hand gewys.

Plaaslike omgewingskamp­veg­ters wat al etlike jare teen ysterertsstofbesoedeling baklei, meen die feit dat die WKDM uiteindelik sy voet dwars gesit het, is ’n groot oorwinning. “Maar dis ook eintlik baie slegte nuus,” verduidelik Wilhelm Herbst, voorsitter van die Rooistof-aksiegroep.

Hy sê die afkeur van TPT se aansoek het nou ’n invloed op die ekonomiese groei en werkskepping in dié gebied. Die rooistof-probleem hou ook volgens hom invloedryke beleggers uit die Weskus.

“Dit moes nou só ver gaan om TPT te kry om sy huis in orde te kry.” Hy verduidelik verder dat die aksiegroep nie poog om TPT te probeer toemaak soos baie inwoners glo nie, maar dat hulle juis volhoubare en verantwoordelike ontwikkeling wil bevorder.

In WKDM se onlangse skrywe aan TPT het die munisipale bestuurder, David Joubert, gesê TPT voldoen nie aan sy huidige lisensievoorwaardes nie en om hierdie rede sal ’n aanpassing nie oorweeg word nie.

Die aansoek verwys na bedry­wighede met betrekking tot ’n derde oorlaaimasjien en die beoogde verhoogde deurset van 60 miljoen ton per jaar na 67 miljoen.

Volgens die dokument was die WKDM se besluit gegrond op TPT se aansoek gedateer 12 Junie 2018, die luggehalte-impakverslag van Februarie 2018 opgestel deur SRK Consulting, die klagteregister en korrespondensie met betrekking tot ’n openbare deelnameproses.

WDM het ook die huidige status van TPT se voldoening aan lisensievoorwaardes, asook klagtes ontvang via kwartaallikse verslae oorweeg.

Meer op bladsy 4.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.