Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Alie se dood ‘laat groot leemte’

“Ystervrou, dinamiese vrou, passievolle gemeenskapsvrou.”

Dit is hoe wyksraadslid Maryam Alie beskryf word ná haar dood die afgelope naweek. Alie (49) was ’n jare lange gemeenskapswerker en raadslid van Langebaan-Noord en Longacres.

“Totsiens aan ’n ikoon in ons gemeenskap. Altyd bereid om uit te reik en gestremdes te ondersteun. Ons sal jou saggeaardheid en benadering sekerlik mis,” het die Weskus Gestremdes Forum oor Alie geskryf.

Alie was ’n diabeet en het in Junie 2016 haar been verloor nadat sy in ’n spyker getrap het.

Sy is Sondagoggend oorlede en volgens Moslem-tradisie, later die dag in Langebaan ter ruste gelê.

Saldanhabaai-munisipaliteit se burgemeester, Marius Koen, sê hy het ’n kameraad verloor terwyl die gemeenskap ’n kampvegter, verloor het. “Daar sal nie weer ’n Maryam wees nie – daar was net een van haar soort. Politici soos sy bestaan nie meer nie, meer as ’n raadslid was sy ’n gemeenskapswerker.

“Maryam was ’n doener. Selfs nadat sy haar been verloor het, het sy in haar rolstoel geklim en voortgegaan,” het Koen aan Weslander gesê.

Koen meen Alie se dood was vir hom persoonlik ook ’n slag, omdat hy haar as ’n opvolger beskou het. “Sy het nog soveel gehad om te gee,” het hy gesê. Boodskappe van Alie se vriende en familie het op sosiale media ingestroom, baie met staaltjies van hul ervaring met die raadslid.

Nadat sy haar been verloor het, het Alie die Hearts of Hope-klub saam met Willem Dirks vir gestremdes gestig.

Haar man, Mogamat-Armien, is in 2012 oorlede. Sy word deur vyf kinders en vier kleinkinders oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.