Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Amsa nie deel van gesprekke

Duisende werkers is geraak deur Saldanha Staal se sluiting, maar een sakeman hoop sy plan sal die aanleg se deure weer kan open.

Arcelor Mittal Suid-Afrika (Amsa) het in Maart finaal sy plaaslike aanleg gesluit. Staalproduksie is sedert verlede November afgeskaal nadat Amsa aangekondig het die aanleg is nie meer finansieel lewensvatbaar nie.

Nou hoop die Langebaner Dave Gaybba die plaaslike gemeenskap sal “saamstaan” om die aanleg te heropen. Gaybba stel voor skrootmetaal moet aangewend word vir staalproduksie om só werk vir Weskussers te skep.

Gesprekke en onderhandelings is reeds aan die gang om te bepaal of die aanleg nie vir alternatiewe nywerhede gebruik kan word nie. Een só ’n voorstel was dat die beplande Boulders-windplaas na Amsa se perseel verskuif word, waar sonering en infrastruktuur reeds bestaan.

Ongelukkige inwoners van St. Helenabaai en Paternoster meen die beplande windplaas, wat tussen die twee dorpe gebou sal word, moet verskuif word om die natuurskoon, toerisme en hul eiendomspryse te beskerm.

’n Woordvoerder van Arcelor Mittal het by navraag gesê die maatskappy is nie deel van die gemeenskap se vergaderings nie. “Ons is nie deel van die vergaderings nie, maar Amsa het nog altyd gesê ons sal ’n ernstige en lewensvatbare kommersiële geleentheid vir die Saldanha-aanleg se toekoms oorweeg. Dit kan skrootmetaal-produksie insluit, veral as dit ter ondersteuning van werkskepping in die streek is,” het Amsa verduidelik.

Amsa sê indien staalproduksie selfs op ’n kleiner skaal hervat word, sal die kostes mededingend en volhoubaar moet wees. Elektrisiteit- en spoortariewe is noodsaaklike komponente van sulke kostes.

Hoë elektrisiteitstariewe was juis een van die bydraende faktore wat tot die aanleg se sluiting gelei het.

Amsa sê hy voer gesprek oor die moontlikheid om ’n logistieke hub op die perseel te vestig. “Dié inisiatief sal waarskynlik tot volhoubare werk lei,” meen Amsa.

Shanah Damonse, voorsitter van die Weskus Sakekamer, sê die impak van Saldanha Staal se sluiting op die plaaslike ekonomie was enorm. Sommige klein en medium ondernemings wat as kontrakteurs vir Amsa gewerk het, het tot 80% van hul omset met die aanleg se sluiting verloor.

“Die Saldanhabaai- munisipale gebied het ongeveer 50 000 tot 55 000 werkende mense, wat beteken die werkverliese [van Amsa] is ’n enorme persentasie van die plaaslike ekonomie, met indirekte werkgeleenthede wat tot ’n afname van 6% (3 000 uit 50 000) in indiensneming beteken het.

“En dít was nog lank voor die Covid-19-pandemie,” sê Damonse.

Intussen is ’n petisie begin om Weskussers so ver te kry om “saam te staan” om sodoende druk op die relevante rolspelers te sit om die aanleg te heropen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.