Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
As ons almal saam werk, kan ons visie uitleef

Geagte inwoners van die Bergrivier-munisipaliteit,

Ons wil steeds ’n beroep op julle doen om water te bespaar omrede ons nie weet wat die volgende winter vir ons gaan inhou nie. Ouers, ondersteun die munisipaliteit en verduidelik die nood­saaklikheid van water aan die kinders.

Oral in ons land is programme van stapel gestuur vir die 16 dae aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in ons gemeenskappe. My boodskap aan ons mans in die Bergrivier is om nie jul hande vir jul vroue of meisies op te lig nie. Wees lief vir jul vroue of meisies en toon ook respek teenoor hulle. Ek wil vroue aanmoedig om klagtes by die polisie te gaan aanmeld as mans hulle slaan of verbaal afbreek. Kom vroue, staan op vir jul regte, julle is nie deur God geskape om slaansakke te wees nie. My beroep aan kerke is om voorbidding te doen vir 2019 teen vroue- en kinder­mishandeling.

Die matrikulante het aan die einde van hul skoolloopbaan gekom en sien seker uit na die matriekuitslae. Sterkte aan diegene wat volgende jaar verder gaan studeer, mag julle ’n sukses daarvan maak. Erkenning moet ook gegee word aan die onderwysers van ons matriku­lante vir julle opoffering en motivering vir ons kinders. In moeilike omstandig­hede as onderwysers het julle steeds ons kinders voorberei vir hul eksamen. Mag God julle en jul familie seën met alles wat jul aanpak.

’n Groot bekommernis by my as burgemeester is die dwelm- en drank­misbruik in ons gemeenskappe wat besig is om ons jongmense se lewe te vernietig. Ek kan nie stilbly en toekyk hoe ander ouers se kinders se lewe opgemors word nie. Inwoners, kom ons staan op teen die dwelmhandelaars in die gemeenskappe wat net ryker word van bloedgeld. Kerke, waar is julle in die stryd teen euwels, misdaad en losbandigheid? Ouers, pas dissipline toe en raak bewus van jou kind se doen en late en wie hul vriende is.

Belangrike datums vir inwoners: Kersliggiefees van Porterville vind Vry­dag 30 November plaas en in Piketberg Saterdag 1 Desember.

Ons is besig met ’n Pop Idol-kompetisie vir elke dorp in die Berg­rivier met uitdunne van 29 November tot 8 Desem­ber. Die eerste drie plekke in elke uitdun kry onderskeidelik R500, R300, R200.

Elke dorp gaan sy wenners kies en hulle sal Vrydag 14 Desember in Piket­berg in die laaste ronde deelneem. Die algehele wenner gaan prysgeld van R3 000 ontvang. Ons gee nog inligting gedurende die bemarking van dié gebeurtenis.

Die munisipale kantoor wil graag in elke dorp geskenke gee virbehoeftige kinders wie se ouers nie geskenke kan koop nie. Enigeen wat geskenke wil borg of enige bydrae wil maak, kan my bel by 083 657 9615 of e-pos stuur na vanrooyr@bergmun.org.za of burgemeester@bergmun.org.za.

Ek wil graag afsluit deur te sê dat as ons hande vat, sal ons saam ons visie uitleef: “Bergrivier ’n vooruitstrewende gemeenskap waar almal wil leef, werk, leer en speel op ’n menswaardige manier.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.