Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aurora se kinders hou dorp skoon

Terwyl leerders wag om stelselmatig weer terug te keer skool toe, het Aurora se kinders hul dorp skoongemaak.

Meer as 50 kinders, met hul maskers aan, het onder leiding van Haroldine Slingers en Urlston van Wyk die dorp skoongemaak.

Swartsakke vol vullis is opgetel en by die dorp se vullis-versamelpunt gelaat aangesien die dorp nie ’n stortingsterrein het nie.

Die kinders het die strate skoonge­maak hoewel die skool- asook die skouterrein gesluit is. Volgens die organiseerders hoop hulle om binnekort dié twee terreine ook skoon te maak.

Die kinders is dit eens dat Aurora die kleinste en skoonste dorpie in die Bergrivier-streek kan wees.

Weslander het in Mei berig oor sommige inwoners se ongelukkigheid oor die dorp se stortingsterrein. Volgens dr. Gert Coetzee is die stortingsterrein steeds nie opgeruim nie, maar hy is egter baie beïndruk met die dorp se kleinspan wat ingespring het om hul dorp netjies te hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.