Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Babamoord ondersoek

Die polisie van St. Helenabaai ondersoek die moord op ’n pasgebore baba.

Die lykie van ’n babameisie is Vrydagoggend, twee dae voor die aanvang van Kinder­beskermingsweek (2-9 Junie), in ’n afvoerpyp in Laingville ontdek.

Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, kapt. Tania Helfrich, het skoonmakers die lykie op 31 Mei aangetref waar dit teen ’n sif in die pyp, by die Laingville-pompstasie, vasgespoel het.

Die nadoodse ondersoek, wat vandeesweek op Malmesbury gedoen is, het bevind dat die babameisie omtrent ’n week oud was toe sy dood is. Daar word vermoed dat die ma van die kind die baba in ’n drein gelos het terwyl sy nog geleef het.

Helfrich het verduidelik ’n saak van verberging van geboorte is aanvanklik ondersoek, maar ’n moorddossier is ook nou bygevoeg. Die uitslag van DNS-toetse sal bevestig wie die ma van die kind is.

Weslander het die afgelope drie jaar oor minstens een soortgelyke voorval elke jaar berig.

In April 2017 is ’n pasgebore baba in St. Helenabaai versmoor, verbrand en by Laingville in die see gegooi.

’n Inwoner het in die see geswem en die baba se lyk, toegedraai in koerantpapier, in die water sien dryf. Weens die gevorderde stadium van ontbinding kon die baba se geslag nie bepaal word nie.

Volgens Helfrich het die ondersoekbeampte, sers. Ernie Strauss van die St. Helenabaai-polisie, talle wenke opgevolg, maar geen vordering is tot dusver gemaak nie.

In Junie verlede jaar het vroue van Louwville ’n baba in ’n drein hoor huil. Die polisie is ontbied en die babameisie is uitgehaal, maar dit was reeds te laat om haar lewe te red. Sy is op die toneel dood.

Kapt. Helfrich sê niemand is nog in verband met die dood van die kind in die jongste voorval in hegtenis geneem nie.

Lees verder op bladsy 4.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.