Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bak só soetkoekies

Daar is min dinge só eg Suid-Afrikaans soos lekker outydse soetkoekies.

Bestanddele:

• 180 g botter • 200 g strooisuiker • 10 ml (2 t) vanieljegeursel • 1 eier • 240 g koekmeel • 2,5 ml (½ t) bakpoeier • 2,5 ml (½ t) sout

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2. Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.

3. Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.

4. Voeg die koek­meel, bakpoeier en sout by en meng goed. Om ronde koekies te maak:

Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter.

Om vorms uit die deeg te druk:

Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar. – Sarie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.