Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Behoeftige gesinne ontvang kospakkies

Woolworths Food in Laguna Mall het weer ’n bakkievrag kos aan plaaslike hulpbehoewende inwoners van Langebaan geskenk.

Daarby het Pearly’s-restaurant aartappels, uie en wortels gegee.

Die kos is in pakkies opgemaak en deur gemeentelede van Deo Doxa-Weskus aan 25 plaaslike gesinne oorhandig.

“Glo my as ek sê: God het die sluise van die hemel oopgemaak!” het Vanessa du Plessis, ’n gemeentelid van dié kerk, gesê nadat die twee kosskenkings ontvang is.

Du Plessis is ook ’n pleegouer by ’n plaaslike huis van veiligheid vir kwesbare kinders en een wat ’n kospakkie ontvang het.

“Ons dankbaarheid oor hierdie wonderlike skenking het geen perke nie. Mag hierdie winkel en restaurant geseën word,” het Du Plessis namens die kerk en die huis van veiligheid gesê.

Die kerk bedank al sy gereelde skenkers wat die gemeente deurlopend in staat stel om in die behoeftes van minderbevoorregte inwoners te voorsien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.