Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaardes vertroetel babahondjies in tehuis

Die inwoners van Huis Wittekruin, tehuis vir bejaardes in Vredenburg, het onlangs die geleentheid gekry om babahondjies te vertroetel.

Die hondjies is deur die diere-liefdadigheidsorganisasie Langebaan Animal Care (Lac) na die tehuis gebring nadat hul vorige besoek aan die tehuis ook baie suksesvol was.

Volgens Karin Hubbard, bestuurder van dié tehuis, geniet die bejaarde inwoners Lac se besoeke aangesien die vertroeteling van diere ’n mens se gemoed lig terwyl dit gevoelens van terneergedruktheid en alleenheid teëwerk.

Lac se woordvoerder, Abigail Gold-Fincham, het ook hierdie stelling beaam aangesien hulle as vrywilligers verlede jaar eerstehands ervaar het hoe troeteldiere gedurende die “streng inperking” (vlak 5 en 4 van die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie) vertroosting en noodsaaklike geselskap in hierdie onsekere tyd aan families gebring het wat honde en katte aangeneem het.

Die bejaarde inwoners se liefdevolle aanraking is natuurlik ook net so voordelig vir die hondjies aangesien Lac meestal met troeteldiere werk wat uit haglike omstandighede kom waar hul eienaars hulle verwaarloos het.

. Die Swartland en Weskus-tak van die Dierebeskermingsvereniging het Saterdag statistieke uitgereik wat toon dat heelwat meer diere in vergelyking met die vorige twee boekjare verwaarloos of wees gelaat is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.