Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende ‘karakter’ van Porterville sterf

’n Bekende en beminde bejaarde inwoner van Porterville, oom Hannes Markus, het verlede Donderdag 18 Junie in ’n hoë ouderdom sy aardse tuiste vir sy ewige woning verruil.

Bergrivier-toerisme sowel as Bergrivier-munisipaliteit (BM) het op die dag van Markus se dood op hul onderskeie Facebook-blaaie eer aan hierdie “ikoniese” Porterville-inwoner betuig.

“Bergrivier-munisipaliteit is hartseer oor die nuus van die heengaan van oom Hannes, ’n bekende inwoner van Porterville.

“Hy het in die harte van baie plaaslike inwoners ingekruip en die meeste mense in die dorp het geweet wie hy was. Hy het gereeld die Bybel gelees, in die strate van Porterville met sy wandelstok rondgeloop en geselskap met die inwoners aangeknoop,” lui ’n deel uit BM se boodskap van medelye.

“Hy was ook lief daarvoor om kitaar te speel en het gereeld gesing terwyl hy gespeel het. Baie mense wat langs die pad stilgehou het om na hom te luister, het vir hom ’n geldjie vir die lekker musiek gegee.”

Volgens Porterville-toerisme het die besondere foto waar Markus voor die NG kerk poseer in 2018 die meeste aandag getrek van al die foto’s wat vir die toerismekantoor se fotokompetisie op sy Facebook-blad geplaas is.

“Ons wil ons innige meegevoel met die Markus-gesin betuig en ook aan die uitgebreide familie wat geraak is deur die heengaan van oom Hannes. Ons bid dat God u krag en vertroosting sal gee gedurende hierdie moeilike periode,” het BM sy verklaring afgesluit.

Op Facebook het die medelye ingestroom.

Talle inwoners en besoekers wat Markus geken of hom al in Porterville teëgekom het, het op BM en die toerismekantoor se verklarings gereageer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.