Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende sakeman sterf in botsing

Die Vredenburgse sakegemeenskap is geskok oor die tragiese dood van Danny Howells, ’n bekende sakeman in die dorp.

Howells (53) was die handelaarshoof van Perdeberg Isuzu in Vredenburg en is al dekades lank ’n bekende gesig in die motorbedryf aan die Weskus.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is Howells Maandagaand omstreeks 19:55 op slag in ’n botsing reg van voor op die R27 (Weskuspad) dood.

Howells se bakkie het teen ’n vragmotor gebots.

Volgens die vragmotorbestuurder se verklaring aan die polisie was hy van Kaapstad af onderweg na Velddrif en Howells se bakkie het van Velddrif se kant af in die rigting van Kaapstad gery toe die botsing gebeur het.

Helfrich het ook gesê die vragmotorbestuurder, wat ongedeerd is, het ná die ongeluk dadelik stilgehou en sy samewerking aan die verkeersdiens en polisie gegee. Die omstandighede wat tot die botsing gelei het, is nog onbekend.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Howells was ’n ywerige hengelaar en het voorheen gereeld vir Weslander visvangrubrieke geskryf waarin hy die beste Weskus-visvangplekke verklap en ook raad aan voornemende hengelaars gegee het.

Jaco Jordaan, die vriend van Howells se dogter, het die Weslander namens die Howells-gesin te woord gestaan. Hy het gesê Howells is sedert 1994 by die motorbedryf op Vredenburg betrokke nadat hy in die boubedryf op Velddrif gewerk het.

Volgens Jordaan is begrafnisreëlings nog nie getref nie. Howells laat ’n dogter, twee seuns en twee kleinkinders agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.