Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bergrivier-toerisme spog met splinternuwe bestuurder

Nomonde Ndlangisa is die nuwe bestuurder van Bergrivier-toerisme.

Ndlangisa is Yvette Odendaal se opvolger. Odendaal het ná agt jaar in die bestuurspos by Bergrivier-toerisme na Somerset-Wes verhuis.

Ndlangisa het op 1 Augustus die leisels by Odendaal oorgeneem en Odendaal is vol vertroue dat Bergrivier-toerisme groot hoogtes sal bereik in die bekwame en ervare hande van haar opvolger.

Ndlangisa het oor die afgelope 16 jaar by Cape Town Routes Unlimited, Wesgro en die Robbeneiland-museum gewerk. Sy was onder meer betrokke by plaaslike en internasionale bemarking van toeristebestemmings, geleentheidskoördinering, verkry en versorging van borgskappe, asook mediaverhoudinge.

“Bemarking is een van haar sterk punte en Ndlangisa het haarself daartoe verbind om die Bergrivier-omgewing ’n voorkeurbestemming te maak. Ons wens haar alle voorspoed toe,” het Odendaal in een van haar laaste boodskappe namens die toerismeorganisasie gesê.

Odendaal het ook gesê die laaste agt jaar was “baie verrykend met baie hoogtepunte. Die mense van die gebied sal my mees blywende herinnering wees”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.