Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Betogings vlam weer op

Betogers het Maandag in die donker oggendure in Vredenburg bymekaargekom met die oog op ’n betoging.

Aanvanklik is motorbande gebrand en het die betogers gepoog om toegangspaaie te versper.

Polisieversterkings is na die toneel ontbied, waarna die betoging verder vreedsaam verloop het. Volgens die polisie het inwoners oor verskeie kwessies betoog, waaronder behuising, vervoer en munisipale dienslewering. Die gebrek aan behuising is ’n teer punt wat die gemoedere gereeld in verskeie Weskus-gemeenskappe laat opvlam.

Weslander het in 2018 oor die opspraakwekkende en gewelddadige betogings in Vredenburg en Saldanha berig. Talle sakeondernemings is ontruim terwyl motors, asook private en staatseiendom, aan die brand gesteek of andersins gevandaliseer is. In 2020 was dit Laingville in St. Helenabaai se beurt om te brand ná grondgrype. Tydens 2018 en 2020 se onluste het Weslander berig dat betogers gevoel het die regering en die polisie slaan nie ag op hul versoeke nie.

Marius Koen, die burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM), het verlede week aan Weslander gesê inwoners kan verwag dat betogings in die aanloop tot die verkiesing sal toeneem.

Teen druktyd Woensdag is aangedui Vredenburg-betogings mag moontlik binnekort weer hervat word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.