Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boekwurms moet geduldig wag

WESKUS – Biblioteke mag nou amptelik oopmaak, maar plaaslike biblioteke sal eers die nodige Covid-19-prosedures moet toepas voor hulle hul deure sal open.

Die nasionale regering het dié maand laat weet biblioteke mag onder vlak 3 van die nasionale inperking open.

Dit blyk egter plaaslike munisipaliteite wag eers vir ’n uiteensetting van die nodige prosedures van die minister, Anroux Marais, se kantoor.

In die Bergrivier- munisipale gebied word die nodige gesondheids- en veiligheids­maatreëls nou bewerkstellig om te verseker dat personeel en besoekers veilig is.

Volgens die kommuni­kasie-span sal die munisipaliteit eersdaags aankondig wanneer biblioteke in die gebied oop sal wees.

Biblioteke in die Saldanha­baai-munisipaliteit sal ook gesluit bly.

By navraag het Tereza Burger, munisipale woordvoer­der, gesê wanneer Marais amptelike terugvoering van die verantwoordelike nasionale minister ontvang, sal hero­peningsdatums vir die publiek aangekondig word.

Toekomstige veiligheids­maatreëls is onder meer die reiniging van biblioteke en skerms vir toonbanke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.