Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boggelrugwalvis in tou verstrengel

Dit was ’n spanpoging wat die lewe van ’n jong walvis gered het.

Gedurende die vroeë oggendure van Vrydag 10 Januarie, het die South African Whale Disentanglement Network (SAWDN) ’n jong boggelrug­walvis gered wat noord van Dassen­eiland in ’n tou vasgesit het.

Omstreeks 07:04 Vrydag was SAWDN-vrywilligers uitgeroep om ’n jong walvis te red wat in ’n tou vasgesit het.

Volgens die Nasionale Seereddings­instituut (NSRI) se webtuiste het hierdie gebeurtenis vyf seemyl noord van Dasseneiland plaasgevind en was veroorsaak deur ’n navorsingstou, geïmplimenteer deur die departement van bosbou en visserye (DEFF).

Ná ’n oproep om hulp van SAWDN in Yzerfontein na die SAWDN-span in Kaapstad het hierdie twee groepe, asook die NSRI saam met SAWDN-vrywilligers gespesialiseerde ontkoppel- en snytoerusting gebruik om die baba bogglerugwalvis van sewe meter lank te red.

Volgens die NSRI se webtuiste was die see kalm wat daartoe bygedra het tot die suksesvolle reddingspoging.

Die walvis was in ’n gesonde toestand. Daar was een tou om die sy lyf, net voor sy stertvin, gedraai.

Die reddingspoging het 30 minute geduur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.