Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Bonnie en Clyde’ steeds gesoek

Die polisie waarsku die publiek teen Donre Wiid (25), oorspronklik van die Weskus, en haar kêrel, Juan-Dean Krause (30), wat die land deur swerf terwyl hulle glo oral steel en niksvermoedende inwoners uit hul geld verkul.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van Vredenburg-polisie, het hierdie “Bonnie en Clyde” albei ’n stewige misdaadrekord wat talle dwelmverwante sake en ook diefstal in plekke soos Parow, Goodwood en Mosselbaai insluit. Krause word ook betrek by die diefstal van ’n motor en is voorheen aan die onwettige besit van ammunisie skuldig bevind.

Derick Jacobs van Wellington, wat glo deur die paartjie ingeloop is, het op Facebook gesê hul modus operandi is om “laat saans by verblyfplekke in te boek”.

“Daar is baie stories met beloftes om die volgende oggend te betaal, maar die volgende dag verdwyn hulle nadat hulle jou rot en kaal besteel het.”

Jacobs het Woensdag aan Weslander gesê die publiek moet versigtig wees, want “ ’n mens kry hulle maklik jammer”.

Die gemeenskapspolisiëringsforum in Sasolburg het Saterdag 29 Junie ’n persverklaring met foto’s van Krause en Wiid uitgereik waarin hulle landsburgers versoek om op die uitkyk te wees vir hierdie paartjie wat weens “kriminele aktiwiteite” gesoek word.

Luidens die verklaring is die paartjie moontlik in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.

Max Melson van die Niewerust-buurtwag het bevestig dat die twee die afgelope maand ook by inwoners in die Niewerust-omgewing buite Vredenburg gesteel het. Die gesteelde artikels is egter teruggevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.