Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boosdoeners maak amok ná sononder

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om asseblief nie ná sononder alleen in Saldanha rond te loop nie.

Twee mense is Sondagaand (4 Oktober) in afsonderlike voorvalle deur boosdoeners op straat beroof.

Volgens AO Yolanda Kotze, ’n woordvoerder van die Saldanha-polisie, het ’n vrou (34) om 20:40 in Sewendelaan in die middedorp gestap toe ’n man haar genader en ’n sigaretaansteker gevra het. Die man het nog voordat sy kon antwoord, sy hande in haar baadjiesakke gedruk, haar selfoon uit een van die sakke gegryp en daarmee gevlug.

Vroeër dieselfde aand omstreeks 20:00 het ’n man in Schuterstraat, White City, verby twee mans gestap wat ’n derde man beroof en aangerand het. Die rowers het die verbyganger ook getakel en hom van sy selfoon beroof.

Volgens Kotze is niemand nog vir die twee voorvalle in hegtenis geneem nie.

Hierdie twee gevalle is maar net twee uit talle waaronder Saldanha die afgelope paar maande gebuk gaan.

“Ons vra gereeld vir mense om nie alleen, in die donker of op afgeleë plekke rond te loop nie, maar steeds is daar mense wat dit waag en daarom slagoffers van ’n rooftog word. Wees paraat en versigtig wanneer jy die huis verlaat,” maan Kotze.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.