Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boyce-moordsaak weer uitgestel

Die Berodine Boyce-moordsaak is Vrydag gedurende ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Kaapstad uitgestel.

Berodine Boyce (16) van Laingville in St. Helenabaai is op 6 Julie 2018 om 22:00 laas lewend gesien. Sy het die aand van haar verdwyning geloop om geld by haar oom te gaan haal. Sy het wel die geld ontvang, maar het verdwyn terwyl sy huis toe gestap het.

Boyce se naakte lyk is op 12 Julie, ses dae ná haar verdwyning, in ’n vlak graf by die Laingville-krieketveld in St. Helenabaai gevind.

Die modderbedekte lyk van dié leerder van Hoërskool Louwville was só geswel dat sy onherkenbaar was. Boyce se T-hemp was oor haar kop getrek en die res van haar klere onder haar in die graf gegooi. Sy is verkrag en aangerand en ’n hou teen die kop het glo haar dood veroorsaak.

’n Deeglike en intensiewe ondersoek van byna ’n jaar lank het in Junie 2019 tot die inhegtenisneming van drie mans gelei.

Die saak is na die hooggeregshof verwys en die drie beskuldigdes – Sheldon Christians (20), Elroy Galant (24) en Duran Snyders (31) – het Vrydag 7 Februarie 2020 die eerste keer vlugtig in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn.

Weslander het verlede jaar berig dat Snyders sy neef, Danville Don (Witkat), vermoor het, en in Februarie 2020 ’n swaar vonnis van 22 jaar effektiewe tronkstraf in die Vredenburg-streekhof opgelê is.

Snyders het glo sy neef in 2018 doodgesteek omdat hy gedreig het om oor Snyders se betrokkenheid by Boyce se dood uit te praat.

Volgens Thyrone Williams, ’n gemeenskapsleier wat as woordvoerder vir die Boyce-familie optree, is die saak Vrydag in die hooggeregshof tot 30 April uitgestel vir voorbereiding vir die hofsaak en sodat die drie verdagtes verder met hul regsverteenwoordigers kan vergader.

“Ons is ingelig dat die hof heel waarskynlik ’n week of twee in Mei gaan uitsit vir die verhoor,” sê Williams.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.