Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurt voorbeeld vir ander

’n Prettige straatpartytjie onder leiding van Zelda Doobs het Saterdag 8 Desember in Unitystraat by Hopland in Vredenburg plaasgevind.

Hierdie byeenkoms is gehou om goeie buurmanskap, gesamentlike herinne­ringe, hartseer en vreugdes te vier. Van die inwoners bly nou al 20 jaar in dieselfde straat.

Francina Adams, een van die inwoners van hierdie klein intieme gemeenskap, vertel dat hulle almal al ’n lang pad saam stap en mekaar in 1998 ontmoet het.

“Om saam deur die lewe as ’n eenheid te gaan, is ’n groot plesier,” vertel Adams.

“Niemand is kwaad vir mekaar nie en as daar ’n stryery is, sorteer ons dit daar en dan uit,” voeg sy by.

“Die inwoners van Unitystraat se kinders wissel van drie tot sewe jaar en 19 en 20 jaar. Ons is almal vriende en help mekaar waar nodig.”

Volgens Adams is dit belangrik om jou bure te ken en die inwoners van Unitystraat wil almal aanmoedig om hul medemens beter te leer ken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.