Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurtwag help om op gevaarlike wapens beslag te lê

Die Vredenburg-buurtwag se aktiewe patrollie-spanlede in samewerking met die polisie het oor sowat twee maande beslag gelê op verskillende gevaarlike wapens wat in die besit van verdagtes gevind is.

“Slegs deur saam te werk om misdadigers te ontwapen en deur die oë en ore van die polisie te wees, kan die gemeenskap teen opportunistiese misdadigers beskerm word,” sê Heini van Niekerk, voorsitter van die buurtwag.

“Mense wat hierdie soort wapens by hulle dra, is dikwels misdadigers wat niksvermoedende slagoffers teiken vir waardevolle artikels soos selfone of kontant wanneer hulle hul daaglikse geleenthede benut.

“Ons nooi inwoners om by hul plaaslike buurtwagte aan te sluit. Saam kan ons ’n groter impak maak op misdaadbekamping in ons gemeenskap,” maan Van Niekerk.

Kontak die Vredenburg-buurtwag vir nog inligting op sy Facebookblad: Vredenburg Buurtwag. Stuur ’n direkte boodskap (Facebook Messenger) aan die blad, waarna ’n outomatiese boodskap die kontakbesonderhede sal verskaf.

Almal wat betrokke wil raak, moet polisieklaring kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.