Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurtwag hou diewe hele nag weg

Die Saldanha-buurtwag het die afgelope week talle suksesse behaal en gehelp om verskeie gesteelde goedere terug te kry.

Die vrywilligers van die buurtwag het onder meer ’n gesteelde dubbel-kajak van R15 000 teruggekry. Dié kajak is Saterdag 8 Februarie gesteel en die volgende dag teruggekry.

Die vrywilligers het ook grawe van vlekvrye staal teruggekry.

Vrydag 7 Februarie het die span van die buurtwag ook gehelp ná ’n poging om by Ackermans in die dorp in te breek.

Buurtwaglede het die hele nag saam met ’n werker van Ackermans in die winkel wag gehou nadat die winkel se voorste venster in die diefstalpoging gebreek is.

Buurtwagvrywilligers ry weekliks sowat R5 500 se brandstof uit hul eie sak uit om ’n ogie te hou.. Enigeen wat by die Saldanha-buurtwag betrokke wil raak, kan Stefan by 083 448 0980 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.