Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Capitol F vertel stories in musiek

Die rymkletser Franklin Floris (33) of meer bekend op sy verhoognaam as Capitol F, is nie net gebore en getoë in die Weskus nie, maar maak ook naam in die musiekwêreld.

Capitol F het sy liefde vir musiek op ’n jong ouderdom ontdek en van daar af sy talent begin beoefen, wat hom gebring het tot waar hy vandag is. Hy werk egter voltyds as ’n masjinis-spesialis by Transnet, maar hy geniet terselfdertyd sy droom as rymkletser.

Hy het op 12-jarige ouderdom sy eerste liedjie aanmekaargeslaan en sy suster het ook haar stem bekend gemaak. “Ons het liedjies gemaak wat in daardie jare op kassette opgeneem is en namate tegnologie ontwikkel het, het my musiek ook ontwikkel.”

Capitol F verduidelik dat musiek maak ’n baie diep betekenis vir hom het en iets is wat baie persoonlik aan hom is. Deur sy musiek vertel hy ’n storie en die inspirasie agter sy woorde spreek van sy alledaagse lewe en ervarings.

Sy nuutste lied, No Apologies, is in drie weke meer as 3 000 keer op YouTube gekyk en is meer as 2 000 keer op DataFile Host afgelaai. Die liedjie is in een dag ook meer as 17 000 keer op TikTok gekyk.

No Apologies is baie persoonlik vir my en iets wat ek eers nie wou vrystel nie. Ek het nie gedink dit sou so ’n groot impak maak nie, maar ek dink dis omdat baie mense daarby aanklank kan vind.”

Capitol F voeg by dat hy glad nie al die reaksie verwag het nie. Sy toekomsplanne vir sy musiekloopbaan is om sy musiek so veel as moontlik met mense te deel en werklike boodskappe oor te dra.

“Dit sal gaaf wees om my musiek in ander provinsies en op ander platforms te sien versprei.”

Hy moedig kunstenaars aan om gefokus te bly op wat hulle doen.

“Baie mense is meer gefokus op wat die mens langs hulle doen en wat nie vir hulle beskore is nie, en sodoende lê hulle slap vir dit wat regtig saak maak. Moenie aandag gee aan die negatiewe woorde en bekommerd wees oor wat mense sê nie, en druk deur!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.