Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19: Nasionale ramp

Die eerste Weskussers met handskoene en maskers kon vandeesweek in besige winkelsentrums gesien word terwyl die reuk van reinigingsmiddels in die lug hang.

Teen Woensdag 11:00 het die Weskus geen plaaslike amptelike gevalle van die koronavirus gehad nie, hoewel die nasionale syfer van infeksies tot 116 gestyg het.

Na aanleiding van pres. Cyril Ramaphosa se verklaring dat Covid-19 nou ’n nasionale ramp is, het skole vroeg vir die Paasvakansie gesluit en alle byeenkomste van meer as 100 mense is tot verdere kennisgewing gekanselleer.

Toerisme en restaurante word geruk

Vele plaaslike eetplekke, insluitend die wêreldbekende Wolfgat in Paternoster, het mense aangeraai om nie besprekings te kanselleer nie, maar liewer aan te skuif.

“Ná die internasionale reisverbod ervaar ons baie kansellasies van internasionale gaste wat nie hul besprekings kan nakom nie.

“As gevolg hiervan is daar baie nuwe gleuwe beskikbaar. Ons sal ondersteuning van ons plaaslike publiek waardeer,” lui ’n verklaring op Wolfgat se sosiale media.

Gewilde sportgeleenthede soos die Transnet- Saldanha Super 8-paastoernooi is ook vandeesweek afgelas.

“Die organiseerders sal die situasie met die koronavirus dophou, en sal, indien die verbod op samekomste van meer as 100 mense opgehef word, en aan die hand van die beskikbaarheid van die deelnemende klubs, oorweeg om die toernooi later in die jaar aan te bied,” het die organiseerders laat weet.

Ondersteuning vir kwesbaarstes

Intussen probeer plaaslike winkelsentrums en winkels klante akkommodeer waar moontlik. Pick n Pay in die Ipic-sentrum sowel as die Weskus Mall, het Woensdagoggende tussen 07:00 en 08:00 pensioenaris-uur verklaar.

Volgens die Wêreldgesond-heidsorganisasie is veral bejaardes en diegene met kroniese gesondheidsprobleme vatbaar vir Covid-19.

“Die risiko vir ernstige siektes neem geleidelik toe van ongeveer 40 jaar.

Dit is belangrik vir volwassenes in hierdie ouderdomsgroep om hulself en diegene om hulle te beskerm,” het die organisasie verklaar.

Meer oor hoe die Weskus geraak word op bl. 6.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.