Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Debuutroman bring hoop aan vroue

Rozaan de Wet van Vredenburg se debuutroman, Uit die hart van ’n vrou, is verlede Woensdag by ’n geselligheid by Bargain Books in Weskus Mall bekendgestel.

Uit die hart van ’n vrou, wat deur Lapa gedruk en uitgegee word, vertel die storie van twee vriendinne, twee moeë huwe­like en die helende krag van susterskap.

Nadat Claire die krat met leë drankbot­tels ontdek het, verlaat sy tydelik haar man deur te ontsnap na haar huis by die see. Kris het pateties afhanklik van drank geword. Hy ontken sy probleem en is halsstarrig op ’n pad van selfvernie­tiging.

Daarenteen bevind Wanda haar ook by ’n vurk in die pad. Haar man Sephus is ’n narsis. Sy is al gekonfyt daarin om hom te paai en sy onbeheerste woedebuie te beheer, maar dit het so erg geword dat dit byna onuithoubaar is.

Die vriendinne sukkel om emosioneel kop bo water te hou, maar daar is troos in susterskap.

Volgens Rozaan is haar verhaal een van hoop waarmee talle onderdrukte vroue hulself sal kan vereenselwig.

Rozaan sê sy het heelwat navorsing gedoen oor die impak van alkoholisme en narsisme op gesinne.

Sy het dit geniet om die verhaal te skryf, maar erken dit was ook uitputtend weens die emosionele aard van die onderwerp.

Ná die skryf- en redigeringsprosesse afgehandel is, “het dit vir my gevoel ek het nie eers die krag om ’n paragraaf aanmekaar te sit nie,” erken Rozaan.

Sy het ná ’n kort rustyd weer die pen opgeneem en aan ’n nuwe manuskrip begin skryf.

“Ek is reeds deur my uitgewer gevra om ’n tweede manuskrip in te handig wanneer ek gereed is,” sê sy.

Rozaan is al van kleins af lief vir skryf en lees, maar sy moes as jong getroude vrou eers haar pen wegsit om haar drie kinders groot te maak.

So onlangs soos ses jaar gelede, het sy weer haar passie vir skryf hervat.

Rozaan is getroud met dr. Piet Boer, ’n bekende chirurg van Vredenburg.. Uit die hart van ’n vrou is beskikbaar by Bargain Books, lapa.co.za en graffitiboeke.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.