Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié preekstoel oudste in SA

Die oudste preekstoel in Suid-Afrika het op 5 Februarie 300 jaar oud geword.

Hierdie preekstoel word vandag steeds in die ou NG kerk-gebou in Langebaan gebruik. Dié kerk, wat deesdae deur die plaaslike Metodiste-gemeente gebruik word, is ’n nasionale monument wat 149 jaar oud is en staan in die volksmond ook as die Klein Kerkie bekend.

Die preekstoel, wat panele van geelhout het, is steeds in ’n goeie toestand. As ’n mens in aanmerking neem dat dit 69 jaar ná die volksplanting aan die Kaap gebou is, is dit merkwaardig, veral ook omdat dit twee reise per ossewa oorleef het – eers na Hopefield en toe na Langebaan.

Die preekstoel is in 1721 deur Adam Albertyn teen ’n bedrag van 10 pond gebou, waar dit 130 jaar in Stellenbosch gebruik is.

Die kerkraad het eers erg geredekawel oor die posisie van die preekstoel, voordat dit uiteindelik staangemaak is. Dit is bekend dat dit op ’n baie stewige basis opgerig is. Nie minder nie as vyf vragte klip is deur die messelaar Jan Grijling en timmerman Herholdt gebruik. Die preekstoel staan waarskynlik vandag nog op hierdie stewige fondament.

Die preekstoel is van Stellenbosch per ossewa na Hopefield en in 1872 na Langebaan geneem, waar dit vandag staan. Die preekstoel, die kerkie en die ringmuur is tot nasionale gedenkwaardighede verklaar.

Die preekstoel se 300ste bestaansjaar het selfs Amoré Bekker, ’n bekende RSG-omroeper, se aandag getrek en sy het die moeite gedoen om op 5 Februarie oor hierdie interessantheid te berig.

Besoek www.diekleinkerkie.blogspot .com vir nog foto’s en die geskiedenis oor die Klein Kerkie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.