Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié sanger se stem soos pêrels

Die Vredenburger Pearl Adams is gewis besig om met haar gospelmusiek naam te maak.

Pearl het van kindsbeen af reeds begin sing.

Tydens haar jare aan die Hoërskool Weston het sy ook die geleentheid gehad om as deel van die Kunstekaap se besoek in 2018 op te tree.

Pearl se jongste mylpaal was ’n optrede op die gewilde kykNET & kie-program Koortjies in September.

Koortjies is ’n gospelmusiek- en geselsprogram wat deur Jonathan Rubain aangebied word.

Rubain het vroeër vanjaar ’n liedjie “Ek gee my lewe oor” geskryf en het spesifiek vir Pearl gevra om dié liedjie op te voer. Dié video op Rubain se sosiale media was uiters gewild en is meer as 7 000 reeds gekyk.

“Pearl Adams is ’n naam wat ons almal moet onthou. Sjoe! Dis net olie, olie, olie! Ek is baie excited vir jou toekoms. Beskerm net jou salwing. Jy is ’n uitverkorene en geroep vir ’n tyd soos hierdie,” het Rubain oor die jong sanger gesê.

Dit was juis “Ek gee my lewe oor” wat Pearl op die gewilde program opgevoer het. Dié lied het vele harte geroer en lof vir Pearl se opvoering het van wyd en syd ingestroom.. Koortjies word Sondae op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) om 18:00 uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Weslander Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.